Henning Viljoen logo Henning Viljoen

Enkelpraktisyn

My missie is om met integriteit en eerlikheid 'n diens aan elkeen te lewer

Attorney showing two clients something on a laptop

As 'n enkelprokureur in my firma, sonder kandidaat-prokureurs of assistente, is ek prakties betrokke by, en hanteer ek daagliks elke aspek van, die sake en aangeleenthede waarmee ek te doen het - met ander woorde, die verantwoordelikheid rus alleen op my skouers. Ek beperk my dienste tot arbeidsreg sake, die opstel van testamente en die administrasie van bestorwe boedels, die oordrag van vaste eiendom en regskwessies aangaande eiendomsoordrag, asook notariële kontrakte soos huweliksvoorwaardes. Ek word dikwels geraadpleeg oor siviele regsgeskille en ek maak 'n punt daarvan om aan kliënte te verduidelik dat die verkose roete om te volg alternatiewe geskilbeslegting is, soos mediasie, met 'n bewese voordeel van tyd en koste om hierdie geskille op te los.