Aangaande
Henning Viljoen
Prokureur gebaseer in Vermont, Hermanus, Wes Kaap, Suid Afrika
My persoonlike inligting
Opgelei aan die Universiteit van Pretoria waar ek die grade BA (Regte) (1965) en LLB (1967) verwerf het. Ek het my klerkskap voltooi by die firma Dyason Douglas Muller & Meyer, Pretoria en is in 1969 as Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger toegelaat. Na ‘n paar jaar in die praktyk, het ek na Nederland gegaan waar ek die graad Doktor in die Regte aan die Universiteit van Leiden in 1975 verwerf het. Na my terugkeer na Suid-Afrika, het ek in 1976 by die Universiteit van Pretoria se personeel aangesluit as senior lektor en is in 1983 tot professor in Publiekreg bevorder. Ek het vroeg afgetree in 1998 en het voltyds as prokureur in Pretoria begin praktiseer, met spesialisering in Arbeidsreg, nadat ek die Sertifikaat in Gevorderde Arbeidsreg aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. In 2011 het ek na Hermanus, Wes-Kaap, verhuis waar ek ‘n praktyk as Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger begin het.
Vanaf 2000 tot 2021 was ek ‘n Kommissaris van die Uitsaai-klagtekommissie van Suid-Afrika, met die laaste vier jaar as voorsitter. Ek is ook in 1989 in Pretoria as ‘n Kommissaris in die Hof vir Klein Eise aangestel en dien voort as Kommissaris sedert my verhuising na Hermanus. In 2015 het ek akkreditasie as mediator van die Universiteit van Kaapstad verkry.”